Quantcast
Channel: SARIE » #SARIESondag
Viewing all 47 articles
Browse latest View live

Dek hierdie week se #SARIESondag tafel só

$
0
0

Geniet die laaste van die somerson - en wat is meer sinoniem met somer in Suid-Afrika as braaivleis? Vir hierdie week se #SARIESondag geniet ons ’n gemaklike Sondagbraai …

Hier is ’n lekker tafeldek-idee om die hele gesin betrokke te kry … Laat die kinders help voëltjies vou en laat hulle die oulike drukbare tafeldoek inkleur! Moenie vergeet om jou spyskaart en inkopielys te kry nie.

Hier is jou pragtige spyskaart wat jy kan aflaai en uitdruk

Laai hier af

Jou spyskaart met instruksies om die origami-voëltjies te vou

Die spesiaal ontwerpte spyskaart vir jou tafel

Die pragtige “tafeldoek”

Papier Sondagmiddagete Spyskaart

Kry jou spyskaart en inkopielys HIER

Luister na Suidooster se Cedwyn Joel se Sondag-herinnering

 

The post Dek hierdie week se #SARIESondag tafel só appeared first on SARIE.


Wenke vir jou #SARIESondag

$
0
0

Vir dié week se #SARIESondag gee ons jou nuwe idees vir ’n gemaklike Sondagmiddagete saam met vriende en familie. Wat is nou meer sinoniem met somer in Suid-Afrika as braaivleis? Geniet die laaste van die somerson en onthaal jou geliefdes saam met SARIE.

Hier is my wenke vir jou Sondagbraai – als op ’n stokkie!

* Onthou om jou stokkies oornag in koue water te week sodat dit nie vlam vat oor die kole nie.

* Dek jou tafel vroegtydig, anders is dit ’n geskarrel net voor jou gaste kom.

* Marineer jou vleis al die aand voor die braai. Hoewel ons resep dit nie vereis nie, maak dit jou voorbereiding bietjie makliker en dis dan 2 geregte waaroor jy jou nie verder hoef te kommer nie.

* Kry die kinders om jou te help aartappels op die stokkies ryg, veral as hulle bietjie ouer is. Doen dit net onder toesig, sodat niemand seerkry nie.

* Bak die klapperkoekies al die dag voor die tyd en bêre in ’n lugdigte houer tot benodig.

* Skink ‘n glas van jou gunsteling-wyn en sit agteroor terwyl iemand anders die braaiwerk doen!

Geniet die dag – lekker kook en eet!

 

 

 

The post Wenke vir jou #SARIESondag appeared first on SARIE.

#SARIESondag Gerwen Simon gesels oor haar Sondag-herinneringe

$
0
0

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou met elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

Dis die derde week van ons opwindende nuwe reeks, en soos beloof, deel ons ’n eksklusiewe video van ’n Suidooster-akteur wat sy of haar Sondagherinnering deel, verfilm op die stel van die sepie.

Ons gesels die week met Gerwen Simon wat die rol van Nicci October vertolk.

Môre deel ons jou spyskaart en jou inkopielys vir dié week se Sondagmiddagete. Hou SARIE.com dop!

Koop jou nuwe SARIE KOS nou om #SARIESondag op sy beste te vier!

sarie kos pavlova vinnige kos

The post #SARIESondag Gerwen Simon gesels oor haar Sondag-herinneringe appeared first on SARIE.

Maak gereed vir ‘n Delft-geïnspireerde #SARIESondag

$
0
0

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

In die eerste aflewering van ons opwindende nuwe reeks deel ons vandag die spyskaart en inkopielys om jou #SARIESondag solank te beplan.

Haal uit jou mooiste Delft-borde en vee blink jou eetgerei, want dié week hou ons dit tradisioneel met geroosterde lam en opwindende bykosse. Die sjokolade-stoompoeding is ’n moet!

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Gerwen Simon, wat in Suidooster speel, oor háár Sondagherinnering.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Oornagbrood

Kry die resep hier

Chorizomossels

Kry die resep hier

5uur-lamsbladrol met kruiesous

Kry die resep hier

Tamatie-mielie-en-spekslaai

Kry die resep hier

Rysgereg: Soetrissies en mielies

Kry die resep hier

Sjokolade-stoompoeding

Kry die resep hier

Môre is dit tyd om te dink oor jou tafel. Ons gee raad, wenke en wys in ’n maklike stap-vir-stap-video hoe om ’n tafel te skep wat by jou spyskaart pas. Plus die week se spesiaal ontwerpte spyskaart wat jy kan uitdruk.

Inkopielys

Vleis

1 lamsrib, ontbeen en gerol (vra jou slagter om dit te doen) | 500 g gerookte strepiespek (streaky bacon) | 325 g chorizowors

Seekos

1 kg swartmossels

Suiwel

375 ml karringmelk | 250 ml ongegeurde jogurt | 500 ml room | 4 wiele fetakaas

Kruie en geur

4 takkies vars tiemie | vars koljanderblare | 20 g pietersielie | 1 groen brandrissie | 60 ml fyn koljander

Vars vrugte en groente 

16 tamaties, verskeidenheid | 4 mielies | 100 g slaaiblare van jou keuse | 120 g frambose (raspberries) | 2 takkies vars roosmaryn

Ander

Koekmeel | 10 g kitsgis | 45 ml heuning | botteltjie gerookte paprika | 250 ml witwyn | 120 g (300 ml) kakao | bakpoeier | 300 g Bar-One-sjokolade | 40 ml rooiwynasyn | 500 ml rooiwyn | 500 ml lamsaftreksel

 
Reeds in jou spens

Hout-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie, olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, sojasous

Kry die nuutste SARIE KOS hier.

sarie kos pavlova vinnige kos

The post Maak gereed vir ‘n Delft-geïnspireerde #SARIESondag appeared first on SARIE.

Dek dié week se Delft-tafel só #SARIESondag

$
0
0

Haal uit jou mooiste Delft-borde en vryf jou eetgerei blink, want dié week hou ons dit tradisioneel met geroosterde lam en opwindende bykosse. Die sjokolade-stoompoeding is ’n móét!

Vir hierdie week se #SARIESondag geniet ons Sondagmiddagete in ouwêreldse styl …

Hier is jou pragtige spyskaart wat jy kan aflaai en uitdruk

Laai hier af

Delft Sondagmiddagete Spyskaart 1

Kry jou heerlike spyskaart én inkopielys HIER.

En luister wat sê die pragtige Gerwen Simon oor háár Sondagherinninge!

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. En daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons veldtog.

Sariesondag suidooster

The post Dek dié week se Delft-tafel só #SARIESondag appeared first on SARIE.

Wenke vir jou Delft-geïnspireerde #SARIESondag

$
0
0

Haal uit jou mooiste Delft-borde en vryf jou eetgerei blink, want vandag hou ons dit tradisioneel met geroosterde lam en opwindende bykosse. Die sjokolade-stoompoeding is ’n móét!

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Gerwen Simon, wat in Suidooster speel, oor háár Sondagherinnering.

Barbara Joubert, SARIE KOS-redakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

  • Maak die geregte wat jy kan al die vorige dag – die oornagbrood sal lekker werk. Die gestoomde sjokoladepoeding kan jy ook die vorige dag maak. Wanneer jy dit uitgekeer het en dit het afgekoel, maak dit toe met kleefplastiek. Jy kan dit warm maak deur dit in jou oond op ’n lae temperatuur te verhit.

  • Jy kan ook met jou lamsblad die vorige dag begin – hoe meer geregte jy die vorige dag kan voorberei, hoe beter.

  • Ek probeer om nie te veel bygeregte te maak nie – dit is meestal oorbodig.

  • Terwyl jy kook, kan jy jou gesin vra om tafel te dek. My dogters doen dit altyd vir my.

Kry dié week se spyskaart HIER.

Dek jou tafel só

Hier is jou pragtige spyskaart wat jy kan aflaai en uitdruk

Laai hier af

Delft Sondagmiddagete Spyskaart 1

Kry jou heerlike spyskaart én inkopielys HIER.

En luister wat sê die pragtige Gerwen Simon oor háár Sondagherinninge!

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons veldtog.

Sariesondag suidooster

The post Wenke vir jou Delft-geïnspireerde #SARIESondag appeared first on SARIE.

Wenke vir jou fynbos geïnspireerde #SARIESondag

$
0
0

Dié week kuier ons om ’n gedekte tafel met fynbos en ’n warm aardse gevoel. Ons spyskaart is geïnspireer deur klassieke kombinasies van sop & brood, lam & aartappels en pannekoek met kaneel-en-suurlemoenroomys. Als met ’n vernuwende SARIE twist!

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan,lees HIER en luister ook wat sê Marcel van Heerden, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Tanja Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

  • Beplan jou spyskaart vooruit. Die spyskaart verg bietjie ekstra moeite en dit sal jou voorbereiding baie vergemaklik as jy jou beplanning reg het.
  • Lees deeglik deur al die resepte. Baie van die voorbereiding kan jy reeds die dag voor die tyd doen.
  • Dek jou tafel die aand vooraf of vra ’n geliefde om die tafel te dek terwyl jy kook.
  • Neem kortpad met winkelroomys en sjokoladesous.

Kry dié week se spyskaart HIER.

Dek jou tafel só

Hier is jou pragtige spyskaart wat jy kan aflaai en uitdruk

Aardse Sondagmiddagete Spyskaart

 

En luister wat sê die talentvolle Marcel van Heerden oor sy Sondagherinninge!

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons veldtog.

Sariesondag suidooster

The post Wenke vir jou fynbos geïnspireerde #SARIESondag appeared first on SARIE.

Dié #SARIESondag vier ons met ’n aardse kuier

$
0
0

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

In dié aflewering van ons opwindende nuwe reeks deel ons vandag die spyskaart en inkopielys sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.

Dié week se #SARIESondag gaan oor tradisie met ’n twist! Soos net die ene Herman Lensing dit kan doen … Vergeet van die gewone sop en brood en probeer bietjie iets anders. Wat van koue vrugtesop? En nie net nóg ’n lamsboud nie, maar ‘n nuwe pastei met anderste aartappels as die gewone. Vir nagereg is daar pannekoek-koek en suurlemoen-en-kaneelroomys.

Hierdie Sondag se spyskaart verg ‘n bietjie meer moeite, maar ons help jou met al die beplanning om dit vir jou en jou geliefdes ekstra spesiaal te maak…

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marcel van Heerden, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Koue spek-en-spanspek-sop

Kry die resep hier

Parmesaan-broodstokkies

Kry die resep hier

Lamspastei-rol

Kry die resep hier

Aartappel-krokette

Kry die resep hier

Pannekoek-koek

Kry die resep hier

Kaneel en suurlemoen roomys

Kry die resep hier

Môre is dit tyd om te dink oor jou tafel. Ons gee raad, wenke en wys in ’n maklike stap-vir-stap-video hoe om ’n tafel te dek wat by jou spyskaart pas. Plus die week se spesiaal ontwerpte spyskaart wat jy kan uitdruk.

Inkopielys

Vleis

250 g gerookte strepiespek (streaky bacon) | 1,25 kg lamsnek, in skywe gesny |

Suiwel

250 ml ongegeurde jogurt | 375 ml vars room | 2 liter vanieljeroomys |

Kruie en geur

20 g koljander | 30 g groenertjie-spruite

Vars vrugte en groente 

2 groot spanspekke | 1 rooi-ui | 2 rooi brandrissies | 2 uie | 400 g kersietamaties | 3 ryp perskes | 2 aartappels | 250 g bruin sampioene | 275 g vars frambose | 2 suurlemoene

Ander

Koekmeel | 10 g kitsgis | 45 ml gerookte paprika | bakpoeier | 80 ml kersie-asyn | 500 ml rooiwyn | 500 ml lamsaftreksel | 500 ml hoenderaftreksel | 1 x 400 g-blik tamaties | 8 velle fillodeeg | 150 g broodkrummels | 750 ml kanola-olie | 600 g donkersjokolade | 150 ml gekoopte sjokoladesous | 30 ml fyn kaneel | 2 heel kaneelstokke |

Reeds in jou spens

Hout-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie, olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, sojasous

Kry die nuutste SARIE KOS hier.

sarie kos pavlova vinnige kos

The post Dié #SARIESondag vier ons met ’n aardse kuier appeared first on SARIE.


Dié #SARIESondag vier ons tapas, of in SA styl – deelkos!

$
0
0

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

In dié aflewering van ons opwindende nuwe reeks deel ons vandag die spyskaart en inkopielys sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.

Sariesondag suidooster

Dié week se #SARIESondag is dit tyd vir tapas! Tapas gaan oor lekker eet en samesyn. So al geselsend skuif jou kuiermense van stoel tot stoel om die tafel en almal kry kans om tyd saam met álmal te bestee. Met dié Spaanse manier van eet word daar nie ’n hele maaltyd van voorgereg tot nagereg voorgesit nie, maar deurentyd aan iets kleins gepeusel. Tog ly niemand honger nie! In Suid-Afika praat ons sommer van deelkos.

Hierdie Sondag se spyskaart verg ‘n bietjie meer moeite, maar ons help jou met al die beplanning om dit vir jou en jou geliefdes ekstra spesiaal te maak…

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Greta Pietersen, wat in Suidooster speel, oor haar Sondagherinnering.

En lees Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, se wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag.

 

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Tuisgemaakte wors sonder 'n masjien

Kry die resep hier

Gemarineerde baba-calamari

Kry die resep hier

Patat-tjips

Kry die resep hier

Gemarineerde olywe met feta

Kry die resep hier

Lamkoftas met kruisement-jogurt

Kry die resep hier

Platbrood met hoemoes

Kry die resep hier

Slaai met gebraaide spanspek en ham

Kry die resep hier

Croquembouche

Kry die resep hier

Hierdie week is daar twee opsies vir jou spyskaart – laai dit HIER en HIER af.

Swart en Wit Sondagmiddagete Spyskaart1 Swart en Wit Sondagmiddagete Spyskaart2

Inkopielys

Vleis

1 kg varkmaalvleis van goeie gehalte, 250 g spek, fyngekap, 1 skoon derm (bestel by jou slagter), 500 g lamsmaalvleis

Seekos

500 g bevrore of vars baba-calamari (tentakels en buise)

Suiwel

250 ml crème fraîche (suurroom), 250 ml Bulgaarse jogurt, 6 wiele feta,

Kruie en geur

1 brandrissie, hand vol Italiaanse pietersielie, tiemie, kruisement, vars koljander, 5 ml komynsaad, 5 ml fyn koljander, 5 ml kaneel, 5 ml gerookte paprika, 20 ml fyn komyn

Vars vrugte en groente

4 suurlemoene, 2 groot patats nog in die skil, 6 sprietuie

Ander

50 ml gerookte paprika | 20 ml rooipeper (cayenne pepper) | 5 ml fyn komyn | 10 ml gedroogde origanum | varsgemaalde swartpeper | 100 ml yskoue witwyn | 500 g swart en groen olywe | 2 x 400 g-blikke kekerertjies | 60 ml tahini-pasta | 100 g (210 ml) mielieblom | 100 g donkersjokolade, gesmelt |

Reeds in jou spens

Hout-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie (genoeg vir diep-braai), olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, sojasous, koekmeel,

Kry die nuutste SARIE KOS hier.

sarie kos pavlova vinnige kos

The post Dié #SARIESondag vier ons tapas, of in SA styl – deelkos! appeared first on SARIE.

Wenke vir jou Tapas-tafel

$
0
0

Dié week se #SARIESondag is dit tyd vir tapas! Tapas gaan oor lekker eet en samesyn. So al geselsend skuif jou kuiermense van stoel tot stoel om die tafel en almal kry kans om tyd saam met álmal te bestee. Met dié Spaanse manier van eet word daar nie ’n hele maaltyd van voorgereg tot nagereg voorgesit nie, maar deurentyd aan iets kleins gepeusel. Tog ly niemand honger nie! In Suid-Afika praat ons sommer van deelkos.

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Greta Pietersen, wat in Suidooster speel, oor haar Sondagherinnering.

Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

  • Beplan jou spyskaart vooruit. Die spyskaart verg bietjie ekstra moeite en dit sal jou voorbereiding baie vergemaklik as jy jou beplanning reg het.
  • Lees deeglik deur al die resepte. Baie van die voorbereiding kan jy reeds die dag voor die tyd doen.
  • Dek jou tafel die aand vooraf of vra ’n geliefde om die tafel te dek terwyl jy kook.

WENKE VIR TAPAS

  • Hou ’n balans tussen vegetariese geregte, seekos, vleis en slaai.
  • Niks moet meer as twee happies groot wees nie sodat jou gaste aan alles kan peusel.
  • Sit genoeg brood op die tafel. Maak seker daar is ’n verskeidenheid, soos volkoringbrood, rogbrood, platbrood en meer eenvoudige brode soos ciabatta.
  • Moenie te veel warm happies kies nie, dit maak die lewe vir jou as gasvrou onnodig moeilik. Neem kortpad met winkelroomys en sjokoladesous.
  • Begin reeds die vorige dag met die geregte wat oornag gemarineer moet word. Die meeste geur word vasgevang as kos tussen 4 – 6 uur marineer.

Kry dié week se spyskaart HIER.

Dek jou tafel só:

En luister wat sê die talentvolle Greta Pietersen oor haar Sondagherinninge!

Hierdie week is daar twee opsies vir jou spyskaart – laai dit HIER en HIER af.

Swart en Wit Sondagmiddagete Spyskaart2 Swart en Wit Sondagmiddagete Spyskaart1

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons veldtog.

Sariesondag suidooster

 

The post Wenke vir jou Tapas-tafel appeared first on SARIE.

#SARIESondag vir ons Moedersdag

$
0
0

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

In dié aflewering van ons opwindende nuwe reeks deel ons vandag die spyskaart sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.

Kry ook jou SARIESondag wenke hier.

Dié week se #SARIESondag is veral spesiaal vir al die moeders en oumas. Ons deel die week se spyskaart wat jou geliefdes kan berei – Sondag-trooskos met min moeite. 

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Denise Newman, wat in Suidooster speel, oor haar Sondagherinnering.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Sampioensop

Kry die resep hier

8-uur-lamskenkelpastei

Kry die resep hier

Soetpatats

Kry die resep hier

Malvapoeding met roomys & vla - in die mikrogolfoond!

Kry die resep hier

sarie kos pavlova vinnige kos

The post #SARIESondag vir ons Moedersdag appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag – Moedersdag

$
0
0

Dié week se #SARIESondag word opgedra aan al die moeders. Met Moedersdag verwag jy om terug te sit en bederf te word. Hoewel ’n ete uit altyd lekker bederf is, kry jy tog meer genot uit iets wat jou geliefdes self vir jou berei het. En as jy teen dié tyd nog nie iewers plek bespreek het nie, sal jy waarskynlik in elk geval by die huis moet kuier. 

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Denise Newman, wat in Suidooster speel, oor haar Sondagherinnering.

Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

• Berei die lamskenkels al die vorige aand voor.
• Koop sommer roomys en winkelvla.
• Dek die tafel vroeg, voor die kokery begin.
• Gebruik vars blomme wat al die moeders en oumas as geskenke kan saamneem.
• Kies ou swart-wit foto’s van die familie of van die spesiale ma’s aan tafel om die tafel meer persoontlik te maak.

Dek jou tafel só:

En luister wat sê die talentvolle Denise Newman oor haar Sondagherinninge!

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Laai jou spyskaart HIER af.

 

Moedersdag spyskaartWaaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons veldtog.

Kry ook jou SARIESondag spyskaart en inkopie lys hier 

Sariesondag suidooster

The post Wenke vir #SARIESondag – Moedersdag appeared first on SARIE.

#SARIEsondag kuier met geurryk, kleurryk … kruie

$
0
0

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

In dié aflewering van ons reeks deel ons vandag reeds die spyskaart en inkopielys sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.

Dié week se #SARIESondag vier ons geurryk, kleurryk … kruie! Kruie is die parfuum van jou kombuis, en vir elke krui is daar ’n kos-pasmaat. Gebruik dit reg en jy is verseker van hemelse geure en ’n smaaklike ete.

 

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

 

Kry ook jou SARIESondag wenke hier.

 

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marco Spaumer, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinneringe.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.

Broodbakkie met hoemoes en pesto

Kry die resep hier

Sirloin aan die been met Paryse botter

Kry die resep hier

Patat-tjips met koljander-mayonnaise

Kry die resep hier

Labneh-kaas met babagroente

Kry die resep hier

Aarbei-en-kruisementroomys binne 5 minute

Kry die resep hier

 

Inkopielys

Vleis
4 groot sirloinsteaks (vra jou slagter om die been aan te los)

Suiwel
1 liter Griekse volroomjogurt (dubbeldik), 1 x 250 ml-houer dubbeldik-room

Kruie en geur
10 g koljander, 6 takkies roosmaryn, 1 x 30 g-pakkie grasuie, 1 hand vol vars basiliekruid, 1 hand vol kruisementblare

Vars vrugte en groente
8 patats, 3 suurlemoene, 24 stukke babagroente (mengsel van klein wortels, radyse, sprietuie), 2 x 400 g-pakkies bevrore aarbeie,

Ander
1 x 240 g-houer hoemoes, 350 ml basiliepesto, 250 ml mayonnaise, 6 ansjovisfilette,       1 m melkdoek (moeseliendoek, kyk by materiaalwinkels)

Reeds in jou spens

Botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie (genoeg vir diepbraai), olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel

sarie kos pavlova vinnige kos

The post #SARIEsondag kuier met geurryk, kleurryk … kruie appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag met geurryke, kleurryke kruie …

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marco Spaumer, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

• Lus vir broodbak, maar nie tyd nie? Koop klaargemaakte deeg by jou supermark en gebruik dit vir die broodbakkie. Die geheim is om dit eers twee of drie keer te laat rys voor jy dit uitrol – dit gaan bruiner bak en meer geur hê.

• Wanneer jy steak of enige groot snitte vleis gaarmaak, is dit belangrik om die vleis te laat rus voor jy dit voorsit. Die vleis ontspan en raak dan meer sappig.

• As jy nie tyd het om labneh-kaas vir die voorgereg te maak nie, kan jy ook dik roomkaas in balle rol. Dit gaan ryker smaak, maar dit sal dieselfde lyk.

• As jy met kruie kook en die resep vra vir vars kruie, maar jy het net gedroogde kruie, moenie dit net so met dieselfde hoeveelheid droës vervang nie. Die smaak van gedroogde kruie is baie sterker en intenser as dié van varses.

• Plaas bosse vars kruie en klein skêrtjies op die tafel sodat gaste ekstra geur aan hul kos kan gee deur self takkies los te sny en in hulle kos te sit. Dek jou tafel só:

Dek jou tafel só

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Kruie Groen Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou spyskaart HIER af.

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons reeks.

Kry ook jou SARIESondag spyskaart en inkopie lys hier

Sariesondag suidooster

The post Wenke vir #SARIESondag met geurryke, kleurryke kruie … appeared first on SARIE.

#SARIESondag onthaal sonder moeite!

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê akteur Gideon Lombard, wat in die sepie Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Sariesondag suidooster

Dek jou tafel só

Laai jou spyskaart HIER af

Onthaal sonder moeite spyskaart

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons reeks.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.

Gerookte forel en pesto-roulade

Kry die resep hier

Beesrol met uiesous

Kry die resep hier

Geroomde spinasie

Kry die resep hier

Bros lagie-aartappelgebak

Kry die resep hier

Sjokolade-malvalekkerkoekies met winkelroomys en toffiesous

Kry die resep hier

Inkopielys

Vleis
1,5 kg beesrol

Seekos
200 g gerookte forel (kan met dun gesnyde ham vervang word)

Suiwel
530 g botter, 750 ml room, 500 ml melk, 100 g bokmelkkaas, 8 eiers

Kruie en geur
1 louriertakkie met blare, 18 takkies vars tiemie, 100 ml basiliekruid-pesto, 100 g bokmelkkaas

Vars vrugte en groente
2 uie, 2 wortels, 3 selderystingels, 12 klein uitjies, 800 g spinasieblare, 3 knoffelhuisies,  400 g bruin sampioene, 10 groot aartappels

Ander
500 ml rooiwyn, 100 g (125 ml) sagte bruinsuiker, 5 ml vanieljegeursel, 210 g (375 ml) koekmeel, 50 g (125 ml) kakao, 5 ml bakpoeier, 200 g sjokoladesplinters /donkersjokolade, 500 ml baba-malvalekkers

Reeds in jou spens

Botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie (genoeg vir diepbraai), olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel

sarie kos pavlova vinnige kos

The post #SARIESondag onthaal sonder moeite! appeared first on SARIE.


Wenke vir #SARIESondag wit, witter, spierwit!

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marco Spaumer, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Tanya Fourie, SARIE se web-kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

• Dek jou tafel met alles wat wit is … Indien jy nie baie ornamente het nie, kan jy ook uit jou tuin ’n paar wit blomme pluk en daarmee versier.

• Berei die aartappel-krokette vooraf tot waar dit in die krummels gerol word en plaas oornag in yskas. Diepbraai Sondag voor ete.

• Berei die nagereg al die vorige dag voor om te verseker dit het tyd om oornag te stol en só spaar jy ook moeite vir die dag van jou onthaal.

•As jy met kruie kook en die resep vra vir vars kruie, maar jy het net gedroogde kruie, moenie dit net so met dieselfde hoeveelheid droës vervang nie. Die smaak van gedroogde kruie is baie sterker en intenser as dié van vars kruie.

Dek jou tafel

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Wit Sondagmiddagete Spyskaart

 

Laai jou spyskaart HIER af.

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons reeks.

Kry ook jou SARIESondag spyskaart en inkopie lys hier

FOTO: Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

The post Wenke vir #SARIESondag wit, witter, spierwit! appeared first on SARIE.

#SARIESondag kuier en kook: wit, witter, spierwit!

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.

Dek jou tafel só

Laai jou spyskaart HIER af

Wit Sondagmiddagete Spyskaart

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons reeks.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.

FOTO: Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Blomkoolsop met mosterdsaad-botter

Kry die resep hier

Potbraai-hoender

Kry die resep hier

Aartappel-krokette

Kry die resep hier

Lekkerste herfsslaai

Kry die resep hier

Gebraaide mielies met kruiebotter

Kry die resep hier

Framboos-en-witsjokolade-terrien

Kry die resep hier

Inkopielys

Vleis
1 groot heel hoender

Suiwel
160 ml botter, 70 ml botter, 250 ml melk, 250 ml room, 2 eiers

Kruie en geur
10 g tiemie, 30 g basiliekruidblare, 5 g vars origanum, 5 g tiemie

Vars vrugte en groente
3 ui, 6 knoffelhuisies, 6 sprietuie, 2 klein koppe blomkool, 2 aartappels, 250 g bruin sampioene, 500 g botterskorsie,180 g dun groenbone, 2 groot rooi-uie, 4 murgpampoentjies,1 eiervrug, 100 g roketblare, 4 mielies, 15 ml vars origanum en tiemie, gekap, 1 hand vol slaaiblare van jou keuse, 250 g frambose

Ander
500 ml groente-aftreksel, 30 ml mosterdsaad, 500 ml beesaftreksel,150 g broodkrummels, 200 g witsjokolade, 6 suikerbroodvingers (Boudoir-koekies),100 g witsjokolade-sirkels

Reeds in jou spens
Botter, melk, eiers, sout en peper, olyfolie, olie vir diepbraai, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel, versiersuiker

sarie kos pavlova vinnige kos

The post #SARIESondag kuier en kook: wit, witter, spierwit! appeared first on SARIE.

#SARIESondag – deelkos met seekos

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. In die hart van die winter is die gryse see die heel mooiste. Of jy nou oor die oseaan tuur of net droom oor vakansietye op die strand, kom kook saam met ons uit die see. 

FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Dek jou tafel só

Vir idees oor hoe om jou see-geïnspireede #SARIESondag tafel te dek koop die nuwe uitgawe van SARIE KOS wat nou in die winkels is:

1. Maklike plan vir ’n sondak

2. Papiersakkies vir jou eetgerei

3. Papiervissies as dekor

Laai jou spyskaart HIER af

Tapas Sondagmiddagete Spyskaart

Kry jou wenke vir die week se #SARIESondag HIER.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.

Steurgarnaal-kebabs met sitroengras-en-rissie-botter

Kry die resep hier

Brosgebraaide baba-calamari

Kry die resep hier

Witwyn-gestoomde mossel

Kry die resep hier

Stokbrood

Kry die resep hier

Snoek oor die kole met gebakte patats

Kry die resep hier

Kluitjies gebak in karamelsous

Kry die resep hier

Inkopielys

Seekos
24 steurgarnale, 600 g baba-calamari-buise en/of -voelers, 30 heel mossels, baard verwyder, 800 g snoekfilet, vars of bevrore

Suiwel
250 ml room, 400 g botter, 125 ml melk, 3 eiers

Kruie en geur
15 ml vars gemmer, 1 sitroengras-stingel, 1 rooi brandrissie, 10 ml gedroogde origanum, 2 groen brandrissies, 30 ml koljander, 15 ml tiemie, 5 ml fyn kaneel

Vars vrugte en groente
slaaiblare van jou keuse, 2 uie, 7 klein patats, 4 suurlemoene, 6 knoffelhuisies

Ander
140 g (250 ml) koekmeel, 6 snye witbrood, 1 x 10 g-pakkie kitsgis, 500 g (875 ml) broodmeel, 90 ml olyfolie, 250 ml witwyn, 45 ml heuning, 520 g bruinsuiker, 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel,  30 ml bakpoeier, 60 ml appelkooskonfyt

Reeds in jou spens

Bamboes-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, olyfolie, olie vir diepbraai, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel, versiersuiker

sr1006dekor

The post #SARIESondag – deelkos met seekos appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag – deelkos met seekos

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag

• Indien jy ver van die see af woon en bevrore seekos gebruik, moet dit stadig ontdooi – soos oornag in jou yskas.

• Dis nie altyd nodig om jou brooddeeg vir stokbrood self te maak nie, jy kan ook winkeldeeg jy jou supermark koop. Die geheim is om dit goed te laat rys voor jy die brood braai.

• Seekos vra min bestanddele. Hou jou geure eenvoudig en laat die seekos se smaak die praatwerk doen.

• Onthou om seekos uit volhoubare bronne te koop. Kies altyd vis op die groenlys. Om seker te maak jy koop op die regte lys kan jy die naam van die vis SMS na 079 499 8795 .

• Sorg dat daar ander opsies ook op jy spyskaart is vir die gaste wat nie vis eet nie.

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Tapas Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou spyskaart HIER af.

The post Wenke vir #SARIESondag – deelkos met seekos appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag – warm winter-kuier!

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker in die hart van die winter. Die spyskaart is geïnspireer deur bier en hoe om met bier te kook! Indien jy nie van bier hou nie of dalk nie alkohol gebuik nie, is jy welkom om dit met water of aftreksels te vervang.

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag

1. Hou die bier of wyn koud in groot koperbakke vol ys.

Details-9386

FOTO Donna Lewis

2. Skryf gaste se name op ongeglasuurde kleiborde en gebruik as plekaanwysers.

Details-9419

FOTO Donna Lewis

3. Maak ’n houtraam wat bo jou tafel kan hang. Laat kaal gloeilampe op verskillende hoogtes van die raam hang (vra iemand wat weet hoe om die lampies aan ’n kragpunt koppel).

Table-9530

FOTO Donna Lewis

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Bier Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou spyskaart HIER af.

The post Wenke vir #SARIESondag – warm winter-kuier! appeared first on SARIE.

Viewing all 47 articles
Browse latest View live