Quantcast
Channel: SARIE » #SARIESondag
Viewing all 47 articles
Browse latest View live

#SARIESondag – Warm winterkuier!

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker in die hart van die winter. Die spyskaart is geïnspireer deur bier en hoe om met bier te kook! Indien jy nie van bier hou nie of dalk nie alkohol gebruik nie, is jy welkom om dit met water of aftreksels te vervang.

Dek jou tafel só

Details-9473

FOTO’s Donna Lewis

Kry jou wenke vir die week se #SARIESondag HIER.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.

Pampoen-en-appelbier-sop

Kry die resep hier

Kaasfondue met bier

Kry die resep hier

Oornag-vark-sliders

Kry die resep hier

Vla-doughnuts

Kry die resep hier

Inkopielys

Vleis
1 groot varkboud van 1,5 kg, 225 g chorizo

Suiwel
655 ml melk, 290 g beleë cheddarkaas, 170 g gruyère-kaas, 70 g botter

Kruie en geur
15 ml origanum, 225 g chorizo, 1 x 340 ml-bottel bier, 60 ml gerookte paprika, 5 ml fyn kaneel, 20 ml heel komyn, 250 ml tamatiepuree

Vars vrugte en groente
3 uie, 6 knoffelhuisies,1 kg pampoen, 15 ml vars gemmer, slaaiblare,

Ander
90 ml olyfolie, 350 ml hoenderaftreksel, broodblokkies, 350 ml appelbier, 1 100 ml koekmeel, 250 ml lager-bier, 10 groot agurkies, 10 klein broodrolletjies, 1 x 340 ml-bottel bier, 3 lourierblare, 5 ml vanieljegeursel, 110 ml strooisuiker, 45 ml mielieblom, 3 eiergele, 2 eiers, 100 ml bier, 10 g kitsgis, winkel-karamelsous

Reeds in jou spens

Botter, melk, eiers, sout en peper, olyfolie, olie vir diepbraai, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel, versiersuiker

Bier Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou spyskaart HIER af.

The post #SARIESondag – Warm winterkuier! appeared first on SARIE.


Vadersdag-spyskaart so uit die boeke!

$
0
0

Met #SARIESondag kuier ons lekker saam met familie en vriende. Ons dra dié week ons spyskaart op aan al die pa’s in die land. Want wat is nou meer sinoniem met Suid-Afrika as ’n kuier om die braaivleisvuur! 

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou spesiale Vadersdag-#SARIESondag.

Oornagbrood

Kry die resep hier

Chorizo-mossels

Kry die resep hier

Lamsribbetjies met koljander en bruin asyn

Kry die resep hier

Hoenderdy-kebabs met prosciutto en basiliekruid

Kry die resep hier

Tamatie-mielie-en-spekslaai

Kry die resep hier

Platgedrukte aartappels met parmesaankaas-gremolata

Kry die resep hier

Sjokolade-stoompoeding

Kry die resep hier

Inkopielys

Vleis

24 lamsribbetjies | 15 ontbeende hoenderdye, sonder vel | 8 velle prosciutto | 500 g gerookte strepiespek (streaky bacon) | 325 g chorizowors

Seekos

1 kg swartmossels

Suiwel

375 ml karringmelk | 500 ml ongegeurde jogurt | 500 ml room | 4 wiele fetakaas

Kruie en geur

4 takkies vars tiemie | vars koljanderblare | 20 g pietersielie | 15 basiliekruidblare | 1 groen brandrissie | 60 ml fyn koljander | 2 takkies vars roosmaryn | varsgemaalde growwe sout | varsgemaalde swartpeper | 60 ml heel koljanderkorrels, fyngestamp | 2 knoffelhuisies

Vars vrugte en groente

60 ml bruin asyn | 16 tamaties, verskeidenheid | 4 mielies | 100 g slaaiblare van jou keuse | 120 g frambose (raspberries) | 1 suurlemoen

Ander

Koekmeel | 10 g kitsgis | 45 ml heuning | 45 ml gerookte paprika | 250 ml witwyn | 120 g (300 ml) kakao | bakpoeier | 300 g Bar-One-sjokolade | 40 ml rooiwynasyn | 500 ml rooiwyn | 500 ml lamsaftreksel | 45 ml olyfolie

Reeds in jou spens

Botter, melk, eiers, sout en peper, olyfolie, olie vir diepbraai, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel, versiersuiker

Vadersdag Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou spyskaart HIER af.

 

The post Vadersdag-spyskaart so uit die boeke! appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag – Vadersdag!

$
0
0

Met #SARIESondag kuier ons lekker saam met familie en vriende. Ons dra dié week ons spyskaart op aan al die pa’s in die land. Want wat is nou meer sinoniem met Suid-Afrika as ’n kuier om die braaivleisvuur! 

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag

  •  Hou jou ontbyt klein as jy weet jy gaan groot kook! Iets soos Bircher-muesli met vars vrugte en heuning is perfek, want jy kan dit reeds die aand voor die tyd maak. (Klik hier vir ’n maklike muesli-resep)
  • Wie kan nee sê vir vars warm brood? As jy nie jou eie kan of wil bak nie, vat kortpad met winkeldeeg. Laat dit soos tuisgebakte brood lyk deur dit genoeg te laat rys voor jy die brood bak. Bak dit in ’n gietysterpot vir daai donker korsie soos artisan-brood.
  • Niemand hou van skottelgoed was. Kyk by jou naaste partytjiewinkel vir mooi stewige papierborde en papier-eetgerei, dit lyk baie mooi en jy kan dit weggooi (jy kan selfs jou hele tafel ’n papiertema gee).
  • Eindig jou Vadersdag-ete met goeie brandewyn wat jy voorsit saam met bitter donkersjokolade en springmielies. Dis baie eenvoudig maar sal sorg vir nog ure se kuier terwyl die son sak.

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Vadersdag Sondagmiddagete Spyskaart

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Laai jou spyskaart HIER af. 

The post Wenke vir #SARIESondag – Vadersdag! appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag – eet Mexikaans!

$
0
0

Hierdie week is dalk koud buite, maar in ons #SARIESondag-kombuis raak dinge warm! Kuier gesellig om die tafel met familie en vriende en eet lekker warm Mexikaanse kos. 

Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag!

As ek aan Mexikaanse kos dink, raak ek dadelik lus vir nachos met baie kaas, suurroom en avokado-salsa … Ek voeg natuurlik bros spek en vars gekapte koljanderblare by vir ekstra lekker. Dit is nie die egte Mexikaanse manier nie, maar wie kan nee sê vir spek? Die Mexikane maak ’n dun kaassous wat hul oor die bros tjips gooi.

Wat is die week op die spyskaart? Lees hier!

Mexikaanse kos is die lekkerste kuierkos en maak jou warm van binne. Boonop is die bestanddele kleurryk in die grou winterweer. Hier is my 4 wenke vir die lekkerste #SARIESondag.

hal73

#1 Eet waarvan jy hou … Jy hoef nie altyd die resep presies te volg nie. Mexikaanse kos is nie noodwendig altyd warm brand-kos nie, maar dink meer daaraan as vars, geurig en uitdagend vir ’n nuwe smaaksensasie.

#2 Indien ’n resep sê gebruik swartbone en jy kry dit nie in die hande nie, gebruik gerus swartbekbone (black-eyed beans).

hal60

#3 Dek jou tafel kleurryk! Dis koud en nat in die meeste dele van die land en wat kikker jou gemoed meer op as kleur!

#4 Probeer iets anders! Meng jou eie droë speserye vir ’n unieke smaakkombinasie.

sk mexico 10.tif

 

Mexikaanse speserymengsel

(kry die inkopielys vir dié mengsel HIER)

30 ml gerookte paprika
• 5 ml brandrissievlokkies
• 15 ml kaneel
• 30 ml komyn
• 2 knoffelhuisies, gerasper
• 5 ml origanum
• 2,5 ml fyn naeltjies
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 100 ml olyfolie

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Laai jou spyskaart HIER af. 

The post Wenke vir #SARIESondag – eet Mexikaans! appeared first on SARIE.

Vir #SARIESondag eet ons Mexikaans

$
0
0

Met #SARIESondag kuier ons lekker saam met familie en vriende. En hierdie week hou ons ’n Mexikaanse fees! 

Tongbrand-salsa, gevulde tacos en tydlose tamales toegedraai in piesangblare is tradisionele Mexikaanse geregte, wat ons ook geniet – en ons deel ’n liefde vir mielies.

Scan 11

Blaai deur die galery vir die week se #SARIESondag-resepte

Chorizo-empanadas

Kry die resep hier

Tamales – mielie-en-hoender-pakkies

Kry die resep hier

Tacos met 8-uur-varkvleis

Kry die resep hier

Swartbone-salsa-slaai

Kry die resep hier

Churros met warm kaneelsjokolade

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

Mexico spyskaart

 

Laai jou volledige inkopielys af as ’n JPEG of PDF.

Idees vir die tafel

Deel van die lekker van ’n Sondag-ete is die ekstra tyd wat jy bestee om jou tafel mooi te dek. Haal die mooigoed uit en onthaal uit die hart!

Vir die Mexikaanse spyskaart het ons helderkleurige borde en servette gekies. Dit hoef nie by mekaar te pas om ’n mooi en feestelike atmosfeer te skep nie.

1. Gebruik kleurryke viltplekmatjies met fyn detail – koop aanlyn by Mr Price Home.

2. Die helderkleurige kleinbordjies is van Mervyn Gers. Kies teenoorgestelde kleure as dié van die plekmatjies wanneer jy dek.

3. Gebruik hoofgereg-borde in ’n neutrale kleur soos grys of room.

4. Vou helderkleurige lapservette en plaas bo-op borde saam met eetgerei van @home.

5. Kleurryke kershouers en teekersies van Mr Price Home in die middel van die tafel sorg vir ’n feestelike kuier.

6. Rond alles mooi af en sorg dat jou gaste nie dors is nie met wynglase van www.yuppiechef.com.

SARIE.com-kosredakteur, Tanya Fourie, deel haar wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!

The post Vir #SARIESondag eet ons Mexikaans appeared first on SARIE.

Patat-en-anyspoffers met karamelsous

$
0
0

Anys en brandrissie gee hierdie poffers ’n baie unieke geur en smaak. 

genoeg vir 6 – 8

• 480 g (500 ml) gaar
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 eiers
• 10 ml anyssaad
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sonneblomolie vir diepbraai
• 100 g kaneelsuiker

KARAMELSOUS
•  200 g (250 ml) suiker
•  75 g (80 ml) botter
•  100 ml water
•  250 ml room
•  1 rooi brandrissie, fyngekap

Plaas patats, koekmeel, bakpoeier, eiers en anys in ’n bak. Meng met houtlepel. Geur beslag met sout en peper. Gooi sonneblomolie tot ’n diepte van 10 cm in ’n pot en verhit, maar nie te warm nie. Doop ’n roomyslepel in warm olie en skep ’n lepel vol beslag uit. Laat dit uit die roomyslepel in die olie val. Skep nog sulke beslagballe tot die pot vol is.

Plaas deksel op pot en diepbraai 5 minute. Maak pot oop en draai balle om. Plaas weer deksel op pot. Diepbraai tot die balle goudbruin en gaar is – sowat 10 – 15 minute. Herhaal proses tot al die beslag op is. As die olie te warm raak, stel hitte laer, anders gaan balle brand voor dit gaar is aan binnekant. Dreineer op kombuispapier en rol in kaneelsuiker.

KARAMELSOUS Plaas suiker, botter en water in ’n middelslag-pot. Roer met ’n houtlepel oor lae hitte tot die suiker opgelos het. Verhoog die hitte en laat vinnig kook tot mengsel ’n goudbruin karamel vorm, sowat 8 – 10 minute. Voeg die room by. Meng en bring weer tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm en meng brandrissie by. Gooi oor poffers en sit voor met karamelsous.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.

The post Patat-en-anyspoffers met karamelsous appeared first on SARIE.

Broccoli met kaassous

$
0
0

’n Klassieke gereg wat sy plek verdien op die Sondagtafel.

• 460 g langsteel-broccoli
• 55 g (60 ml) botter
• 35 g (60 ml) koekmeel
• 400 ml melk
• 150 g wit cheddarkaas,
• sout en varsgemaalde swartpeper

Stoom of kook broccoli tot net gaar. Hou eenkant warm. Smelt botter in ’n kastrol. Voeg meel by en roer goed met ballonklitser tot glad. Voeg melk bietjiesgewys by en roer goed ná elke byvoeging. Hou aan roer tot sous verdik het. Voeg kaas by en roer tot
gesmelt. Geur met sout en peper. Gooi sous oor warm broccoli en sit warm voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.

The post Broccoli met kaassous appeared first on SARIE.

Wenke vir #SARIESondag: Ons kuier in tradisionele SA styl

$
0
0

In ’n wêreld wat soms te vinnig beweeg, kan ons Sondae tyd neem om saam met geliefdes te kook en te kuier. Voeg daarby ’n kaggelvuur as jy gelukkig genoeg is om een te hê en goeie rooiwyn … en jy het die perfekte pasmaats vir die lekker koue weer. 

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag!

Wat is die week op die spyskaart? Lees hier!

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

 

#1 Kook genoeg sop en vries vir die week … Kook lekker baie sop as voorgereg met groentes wat nou in seisoen is. Botterskorsie en pampoen is goedkoop en jy kan baie mense daarmee kos gee. Sit die helfte vir #SARIESondag voor en vries die oorblywende helfte vir ’n ete later in die week. So spaar jy tyd én geld!

#2 Kies goedkoper snitte vleis. Tradisionele Sondagtafels is bekend vir lamsboud en geroosterde hoender. Maar kortrib of beesskenkels is net so lekker en raak murgsag as jy dit stadig rooster in die oond.

FOTO Donna Lews

FOTO Donna Lewis

 

#3 Spaar geld en kook saam! Ons kan maar eerlik wees met mekaar: Om vriende te nooi vir ete is heerlik, maar minder lekker vir jou beursie. Hier is ’n plan. Stel die spyskaart saam en druk resepte uit. Deel dit uit en laat elkeen iets saambring vir die #SARIESondag-kuier.

#4 Maak glühwein en spaar geld. Winter beteken dat die geur van speserye in die lug hang. Glühwein is ’n heerlike manier om goedkoop wyn op te tof en nuwe geure te gee. Koop bekostigbare rooiwyne en voeg geur by met lemoenskil en kruie. Hier is ’n lekker resep!

Glühwein

• 1 x 750 ml-bottel rooiwyn
• 1 lemoen, in ronde skywe gesny
• 250 ml heuning (of suiker)
• 250 ml brandewyn
• 8 heel naeltjies
• 3 stokke kaneel (1 vir garnering)
• 2 steranys-sade

Plaas al die bestanddele in ’n pot en verhit oor matige hitte tot dit begin prut (jy wil nie al die alkohol uitkook nie!). Laat prut minstens 15 minute. (Jy kan dit ure op die stoof laat oor lae hitte.) Gooi deur sif en garneer met lemoen en kaneel.

Kry die volledige spyskaart én wenke vir die tafel HIER.

The post Wenke vir #SARIESondag: Ons kuier in tradisionele SA styl appeared first on SARIE.


#SARIESondag kuier in tradisionele SA styl

$
0
0

Met #SARIESondag kuier ons lekker saam met familie en vriende. Nooi jou mense vir ’n fees van geurige wintergeregte. 

Blaai deur die galery vir die week se #SARIESondag-resepte

Lensie-en-chorizosop

Kry die resep hier

Geroosterde hoender met broodkrummel-en-pietersielie-vulsel

Kry die resep hier

Eendvet-aartappels

Kry die resep hier

Patat-en-anyspoffers met karamelsous

Kry die resep hier

Broccoli met kaassous

Kry die resep hier

Gestoomde sjokoladepoeding

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

Tradisioneel Sondag Spyskaart

Laai jou volledige inkopielys af as ’n JPEG of PDF.

Idees vir die tafel

1. Gebruik goiing (hessian), wat jy by jou hardewarewinkel kan koop, as tafeldoek. Kyk vir die soort wat verwers gebruik – dit het ’n plastieklaag aan die onderkant.

2. Laat sny of koop ronde houtskywe en gebruik dit as plekmatjies. Kyk by jou naaste kwekery vir houtskywe teen bekostigbare pryse.

3. Hou blomme eenvoudig met bosse fynbos en ander groen loof uit jou tuin. Jy kan verskillende teksture kombineer. Eenvoudige woestynrosies in kleipotjies is ook baie treffend.

4. Skep ekstra tekstuur deur wit lapservette bonkig op te vou en bo-op die houtskywe te sit.

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, deel sy wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!

The post #SARIESondag kuier in tradisionele SA styl appeared first on SARIE.

Aspersies met gebraaide amandels

$
0
0

As jy net een bykos vir jou volgende kuier kan maak, moet jy dié een kies! Dis besonder lekker.

genoeg vir 8

• 340 g rou aspersies
• 55 g (60 ml) botter
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 x 200 g-pak blokkiespek
• 1 brandrissie, fyngekap
• 1 x 100 g-pakkie gevlokte amandels
• sout en varsgemaalde swartpeper

Bring pot met water tot kookpunt en dompel aspersies vir 5 minute in kookwater. Dreineer en hou eenkant. Verhit botter tot warm in groot braaipan. Voeg knoffel en spek by. Roerbraai 8 – 10 minute of tot spek baie bros is. Voeg rissie en amandels by. Braai nog 3 – 5 minute of tot amandels begin verbruin. Voeg aspersies by en skud pan liggies heen en weer tot aspersies met amandelmengsel bedek is. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.

The post Aspersies met gebraaide amandels appeared first on SARIE.

#SARIESondag ’n kuier sonder moeite!

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Sonder moeite! Die maklike spyskaart is spesiaal bymekaargesit sodat jy saam met vriende en familie kan ontspan. Jy nooi jou mense, maak jou geregte meesal voor die tyd klaar en sit dan agteroor en geniet ’n slag saam die Sondaggeselsies!

Blaai deur die galery vir jou #SARIESondag-resepte.

Pesto-roulade met gerookte forel

Kry die resep hier

Beesrol met uiesous

Kry die resep hier

Geroomde spinasie

Kry die resep hier

Bros lagie-aartappelgebak

Kry die resep hier

Sjokolade-malvalekker-koekies met winkelroomys en toffiesous

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

Onthaal sonder moeite spyskaart

Laai jou volledige inkopielys af as ’n JPEG.

Idees vir jou tafel

1. As jy nie ’n stel blou borde het nie, kan jy ook goedkoop papier-plekmatjies met mooi blou patrone gebruik. Dit gee tekstuur en helder die tafel op.

2. Goud is nou ’n groot tendens – kry goedkoop goue bakke of selfs kleiner houertjies vir kerse.

3. Plaas jou eetgerei en glasware op ’n anderste manier as net die gewone om jou tafel meer interessant te maak.

4. Steek ’n paar tee-kersies aan – dit skep warmte en atmosfeer vir hierdie lekker koue wintersdae.

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, deel sy wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!

The post #SARIESondag ’n kuier sonder moeite! appeared first on SARIE.

Wenke vir jou #SARIESondag: Kuier (en eet) lekker – sonder moeite

$
0
0

In ’n wêreld wat te vinnig beweeg, kan ons Sondae tyd neem om saam met geliefdes te kook en te kuier. Maar dit hoef nie baie werk te verg nie! Ons spyskaart is spesiaal gekies vir so min moeite as moontlik, maar vir ekstra lekkerte.

Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag!

Wat is díe week op die spyskaart? Lees hier!

Blou-5377-Edit

Vir dié spyskaart kan jy lekker vooruit beplan. Dit is maklike geregte wat jy nou al kan begin voorberei – wat verseker dat jy die kuier saam met jou gaste kan geniet en jou nie te veel hoef te bekommer oor die kos nie!

•  Doen jou inkopies al vroeg Saterdagoggend en bederf jouself met ’n lekker koffie ná die tyd by jou gunsteling-restaurant.

•  Die roulade (voorgereg) kan jy letterlik met enige geure van jou keuse vul. Indien jy nie pesto wil gebruik maak nie, kan jy dit net ongegeur hou of dalk parmesaankaas byvoeg vir ekstra geur. As jy die vulsel wil vereenvoudig, kan jy vars kruie en roomkaas oorsmeer. As die forel effens duur is, kan jy dungesnyde ham as plaasvervanger gebruik.

•  Die bros lagie-aartappelgebak verg bietjie moeite en jy kan dit maklik reeds die Saterdag al voorberei. Weeg dit af oornag in die yskas (ons wys jou hoe in die resep) om die lagies saam te pers sodat dit mooi bymekaarbly vir diepbraai voor opdiening. (Sien resep.)

• Die sjokolade-malvalekker-koekies kan ook vroegtydig gebak word en in ’n lugdigte houer gebêre word.

• Neem kortpad met winkelroomys – die res van jou spyskaart is immers als tuisgemaak en met liefde voorberei.

Dek jou tafel vroeg Sondagoggend sodat jy net heerlik agteroor sit en die dag kan saamkuier sonder om verder moeite te doen.

Kry die volledige spyskaart én wenke vir die tafel HIER.

sr1001kosbloubessie_3_

 

The post Wenke vir jou #SARIESondag: Kuier (en eet) lekker – sonder moeite appeared first on SARIE.

Dit sneeu in SA! Wit, witter, #SARIESondag

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker – en warm. Met die koue buite en sneeu in sekere dele van ons land, geniet ons ’n hele spyskaart geïnspireer deur dié kapoklandskap. Die spierwit spyskaart is spesiaal saamgestel om vriende en familie te beïndruk! 

Blaai deur die galery vir jou #SARIESondag-resepte.

Blomkoolsop met mosterdsaad-botter

Kry die resep hier

Potbraai-hoender

Kry die resep hier

Aartappel-krokette

Kry die resep hier

Lekkerste herfsslaai

Kry die resep hier

Gebraaide mielies met kruiebotter

Kry die resep hier

Framboos-en-witsjokolade-terrien

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

Wit Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou volledige inkopielys af as ’n JPEG.

Idees vir jou tafel

Dek jou tafel só

1. Gebruik wit bakpapier en frommel dit op vir ’n loper in die middel van die tafel.

2. Pak kleinbordjies in die middel van tafel vir ander gevoel.

3. Spuitverf ornamente soos hasies wit en plaas tussen kleinbordjies.

4. Vou servette in driehoeke en plaas op hoofbord

5. Rond alles af deur eetgerei en glase op kleinbordjies te sit.

 

SARIE.com se kosredakteur, Tanya Fourie, deel haar wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!

The post Dit sneeu in SA! Wit, witter, #SARIESondag appeared first on SARIE.

#SARIESondag rooiwarm treffers …

$
0
0

Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker met ons rooiwarm gunsteling-geregte.

Ons deel:

• SARIE KOS-redakteur, Barbara Joubert, se springbokpastei met ’n slapdeeg-kors. “Die lekker van dié resep is dat jy al die Saterdag jou fynvleis kook. Die deeg is baie maklik en vinnig om te maak, dit kan jy doen net voor die pastei in die oond gaan.”

• Tanya, Fourie, SARIE.com se kosredakteur, se beste bykosse, en

• ’n Maklike malvapoedding wat jy in die mikrogolfoond maak – een van Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, se gewildste resepte.

Blaai deur die galery vir jou #SARIESondag-resepte.

Tamatie-en-basiliesop

Kry die resep hier

Springbokpastei met slapdeeg-kors

Kry die resep hier

Bros polenta-aartappels

Kry die resep hier

Pampoenkoekies met stroop

Kry die resep hier

Malvapoeding met roomys & vla - in die mikrogolfoond!

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

RooiTafel_Spyskaart

Laai jou volledige inkopielys af as ’n JPEG.

Idees vir jou tafel

Dek jou tafel só

1. Kies rooi vir jou #SARIESondag-tafel vir ekstra trefkrag. Die geheim is om alles van voor tot agter met rooi te doen.

2. Spuitverf groot plastiekblare bloedrooi en gebruik as versiering op jou tafel.

3.Vou lapservette in driehoekvorms en plaas die kleinbordjies bo-op – jy kan ook klein bakkies gebruik pleks van bordjies.

4. Dek messe en vurke horisontaal oor die hoofgeregbord – jy kan ook nagereg-lepels bo-op die bord plaas.

5. Kyk by supermakte vir rooi teekersies. Dit dra by tot die atmosfeer van die kuier.

SARIE.com se webredakteur, Tanya Fourie, deel haar wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!

The post #SARIESondag rooiwarm treffers … appeared first on SARIE.

#SARIESondag-wenke vir rooiwarm treffers …

$
0
0

In ’n wêreld wat soms te vinnig beweeg, kan ons Sondae tyd neem om saam met geliefdes te kook en te kuier. Voeg daarby ’n kaggelvuur as jy gelukkig genoeg is om een te hê en goeie rooiwyn … en jy het die perfekte pasmaats vir die lekker koue weer. 

sr1009bistro4

SARIE se digtiale kosredakeur, Tanya Fourie, deel haar wenke om die beste #SARIESondag te hê.

# Die tamatie-sop is ideaal vir ’n maklike en geurige voorgereg. Dit is vinnig om te berei en vries boonop baie goed. My wenk: maak die resep dubbel en vries die helfte – dit kan tot twee weke in ’n lugdigte houer gevries word.

# Die springbokpastei-vulsel kan reeds die dag voor die tyd berei word – maak dit deur die loop van die dag sodat dit oornag by kamertemperatuur kan afkoel. Die slapdeeg is baie eenvoudig en kan binne minute aanmekaargeslaan word.

# Pampoenkoekies is seker een van die gewildste bygeregte op enige Suid-Afrikanse Sondag-tafel. Hierdie resep is baie eenvoudig en werk elke keer.

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

# Neem kortpad met winkelroomys en -vla saam met die malvapoeding in die mikrogolfoond.

Wat is die week op die spyskaart? Lees hier!

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

RooiTafel_Spyskaart

The post #SARIESondag-wenke vir rooiwarm treffers … appeared first on SARIE.


Wenke vir #SARIESondag se kuier met kruie

$
0
0

Dié week se #SARIESondag vier ons geurryk, kleurryk … met kruie! Kruie is die parfuum van jou kombuis, en vir elke krui is daar ’n kos-pasmaat. Gebruik dit reg en jy is verseker van hemelse geure en ’n smaaklike ete.

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

• Lus vir broodbak, maar nie tyd nie? Koop klaargemaakte deeg by jou supermark en gebruik dit vir die broodbakkie. Die geheim is om dit eers twee of drie keer te laat rys voordat jy dit uitrol – dit gaan bruiner bak én meer geur hê.

• Wanneer jy steak of enige groot snitte vleis gaarmaak, is dit belangrik om die vleis te laat rus voor jy dit voorsit. Die vleis ontspan en raak dan meer sappig.

• As jy nie tyd het om labneh-kaas te maak nie, kan jy ook dik roomkaas in balle rol. Dit gaan ryker smaak, maar dit sal dieselfde lyk.

• As jy met kruie kook en die resep vra vir vars kruie, maar jy het net gedroogde kruie, moenie dit net so met dieselfde hoeveelheid droë kruie vervang nie. Die smaak van gedroogde kruie is baie sterker en intenser as dié van varses.

• Plaas bosse vars kruie en klein skêrtjies op die tafel sodat gaste ekstra geur aan hul kos kan gee deur self takkies los te sny en in hulle kos te sit.

Kry die resepte en spyskaart wat jy kan uitdruk HIER.

Laai jou volledige inkopielys vir hierdie week se #SARIESondag af as ’n JPEG.

Idees vir jou tafel:

The post Wenke vir #SARIESondag se kuier met kruie appeared first on SARIE.

#SARIESondag kuier met geurryke, kleurryke … kruie

$
0
0

Dié week se #SARIESondag vier ons geurryk, kleurryk … met kruie! Kruie is die parfuum van jou kombuis en vir elke krui is daar ’n kos-pasmaat. Gebruik dit reg en jy is verseker van hemelse geure en ’n smaaklike ete. 

Broodbakkie met hoemoes en pesto

Kry die resep hier

Sirloin aan die been met Paryse botter

Kry die resep hier

Patat-tjips met koljander-mayonnaise

Kry die resep hier

Labneh-kaas met babagroente

Kry die resep hier

Aarbei-en-kruisementroomys binne 5 minute

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

Kruie Groen Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou volledige inkopielys vir hierdie week se #SARIESondag af as ’n JPEG.

Idees vir jou tafel

Dek jou tafel só

1. Plaas bakkies vars kruie in die middel van die tafel pleks van blomme. Kyk by jou supermark vir verskeie soorte. Jy kan dit ná die kuier in jou tuin plant of saam met jou gaste huis toe stuur.

2. Knoop groot wit lapservette aan die punt en plaas bo-op die bord. Jy kan ekstra vars kruie in elke knoop druk vir die mooi.

3. Laat jou tafel lewe met vars groente soos blomkool of krulkoolkoppe in groot glasbakke – alles “blomme” wat jy ná jou kuier weer kan eet.

4. Wees anders en plaas wynglase op hul sykante bo-op die servette. Jy kan ook die waterglase saam op die servette plaas.

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, deel sy wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!

The post #SARIESondag kuier met geurryke, kleurryke … kruie appeared first on SARIE.

Rog-blikbroodjies met botter

$
0
0

Die brood word van helfte rogmeel en helfte broodmeel gemaak.

Genoeg vir 6 – 8

•  375 ml water
•  1 x 10 g-sakkie kitsgis
•  10 ml melasse
•  10 ml sout
•  10 ml karwysaad
•  225 g (400 ml) donker rogmeel
•  225 g (400 ml) broodmeel botter vir voorsit

Plaas water, gis, melasse en sout in die bak van ’n elektriese menger. Meng met die K-spaan by matige spoed tot goed gemeng. Voeg karwysaad, rogmeel en broodmeel by. Verhoog spoed en meng 10 – 12 minute of tot mengsel in ’n bal in die middel van die bak saamkom. Plaas in skoon mengbak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume.

Keer deeg uit en verdeel in 8 porsies. Rol porsies in ronde balle. Spuit 8 blikkies van jou keuse met kleefwerende kossproei en plaas ’n deegbal in elke blikkie. Sif ekstra rogmeel oor brood. Laat rys blikkies deeg tot dubbel die volume op ’n warm plek. Verhit oond tot 220 °C. Bak broodjies 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met botter wat soos ’n vissie lyk. Kyk uit vir so ’n outydse visvorm by oudhedewinkels.

The post Rog-blikbroodjies met botter appeared first on SARIE.

Warm sjokolade met ‘viskoekies’

$
0
0

Wat is meer winters as warm sjokolade? Sit voor met tuisgebakte koekies, goeie geselskap en ’n knus kombers.

genoeg vir 6–8

•  175 g (190 ml) sagte botter
•  115 g (220 ml) versiersuiker
•  gerasperde skil van 1 nartjie
•  265 g (475 ml) koekmeel
•  35 g (55 ml) mielieblom (cornflour)
•  12 kebab-stokkies
•  12 x 10 cm-stukkies tou
•  250 ml room
•  250 ml melk
•  2 stukke heel kaneel
•  200 g donkersjokolade
•  15 ml Frangelico-likeur, opsioneel

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en skil met ’n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg meel en mielieblom by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Draai in kleefplastiek toe en laat rus 25 minute in yskas. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik vissievorm-koekiedrukker en sny koekies uit.

Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Plaas koekies op bakplaat en steek gaatjie in elke vissie se kop. Bak 10 – 12 minute of tot gaar. Laat afkoel. Bind stukkie tou aan elke vissie vas en dan aan die punt van ’n kebab-stokkie (soos op foto links). Bring room, melk en kaneel tot kookpunt. Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt en glad. Laat 5 minute stadig prut. Gooi deur ’n sif en geur met Frangelico of ’n likeur van jou keuse. Sit warm voor saam met koekies.

The post Warm sjokolade met ‘viskoekies’ appeared first on SARIE.

Trooskos vir #SARIESondag

$
0
0

Dis weer #SARIESondag-tyd, en dié keer vier ons dit saam met ’n paar voormalige SARIE Voorbladgesig-finaliste. Omring van die geure van die see en die hitte van ’n oop vuur verdryf ons die koue met gister se trooskos in ’n nuwe baadjie.

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

 

• Maak ’n paar knope in ’n 3 m-lange stuk wit bull denim. Maak donkerblou materiaalkleursel aan volgens aanwysing op pakkie en kleur die denim. Spoel af en laat droog word in die son. Maak knope los en stryk. Steek 4 houtpale van 2,4 m in seesand en anker met tou. Knoop hoeke van gekleurde denimlap bokant tafel aan pale vas.

Sarie Kos_#SARIEsondag Junie-Julie (19 of 52)

FOTO Michael le Grange

 

• Hier sit jy … Druk verskeie seediere uit op harde karton en knip uit. Skryf ’n gas se naam op elke diertjie. Plaas op servet saam met ’n skulp, grys klippie of selfs seepampoentjie.

Druk ons pdf-templaat.

Sarie Kos_#SARIEsondag Junie-Julie (18 of 52)

FOTO Michael le Grange

 

• Druk prente van visse uit op karton en sny rofweg uit. Bind visse in stringe vas met tou en hang aan ankerpale van sondak.

Sarie Kos_#SARIEsondag Junie-Julie (20 of 52)

FOTO Michael le Grange

 

• Druk ons pdf-templaat met die skool visse uit. Sny uit op stippellyne en vou ’n papierkoevert. Plak vas met kleeflint. Plaas messe en vurke in koeverte op tafel.

Dek jou tafel só

 

Wat is die week op die spyskaart? Klik HIER!

The post Trooskos vir #SARIESondag appeared first on SARIE.

Viewing all 47 articles
Browse latest View live